SOE vasgepen oor versuim om inligting oor voertuie in Tembisa-hospitaal-skandaal  te openbaar

Die Spesiale Tribunaal het die Spesiale Ondersoekeenheid (SOE) gelas om die regskoste te betaal in 'n hersieningssaansoek rakende die beslaglegging op verskeie luukse voertuie wat die sakeman Morgan Maumela glo betrek.
Die SOE is gelas om die regskoste te betaal in ‘n hersieningssaansoek rakende die beslaglegging op verskeie luukse voertuie wat betrek word by die Tembisa-hospitaal skandaal.

Die Spesiale Tribunaal het die Spesiale Ondersoekeenheid (SOE) gelas om die regskoste te betaal in ‘n hersieningssaansoek rakende die beslaglegging op verskeie luukse voertuie wat die sakeman Morgan Maumela glo betrek.

Die beslaglegging op die luukse ysblou-sportvoertuie by Maumela se huis in Gauteng het verlede jaar groot opspraak verwek.

Die saak spruit uit ‘n beslagleggingsbevel wat die SOE in September 2025 verkry het teen bates wat na bewering gekoppel is aan die sogenaamde “Maumela-sindikaat” en grootskaalse korrupsie by die Tembisa-hospitaal.

Die geskil handel oor ses peperduur voertuie, waaronder twee 2023 Aston Martins, ‘n Rolls Royce en drie Ferraris. Omar’s Mobile Den (handeldrywend as Omar’s Motor Den) het aangevoer dat vyf van die voertuie amptelik in hul naam geregistreer is.

Volgens hulle het die SOE versuim om die Tribunaal in te lig dat die eNATIS-sertifikate (registrasiedokumente) reeds tydens die aanvanklike aansoek gewys het dat Omar’s Motor Den die geregistreerde eienaars is.

Hoewel die tydelike teruggee van twee Aston Martins, twee Ferraris en ’n Rolls-Royce aan Omar’s Motor Den toegestaan is, is dit streng voorwaardelik.

Hoewel die bates onder die toesig van ‘n kurator bly, het die hof die SOE gelas om die koste van die hersieningsaansoekte dra. Die hof het ook bepaal dat indien die aansoeker van die voertuie wil verkoop, die kurator eers moet toestem en die sekuriteit aangepas moet word.

In hul reaksie sê die SOE dat hulle kennis neem van die uitspraak.

Kaizer Kganyago, SOE-woordvoerder sê “die uitspraak beïnvloed nie die SOE se mandaat nie. Inteendeel, dit herbevestig ons mandaat om bates te verhaal. Die doel van preserveringsbevele is om te verseker dat die staat bates in sy besit het om verliese te verhaal wanneer die hoofverrigtinge in werking tree.

“Hoewel die tydelike teruggee van twee Aston Martins, twee Ferraris en ’n Rolls-Royce aan Omar’s Motor Den toegestaan is, is dit streng voorwaardelik. Daar word van die handelaar vereis om sekerheid te stel wat gelykstaande is aan die volle markwaarde van elke voertuig, en die motors of hul waarde bly onder die beheer van die kurator.”

Hy sê dit beteken die SOE het nie die waarde van die voertuie verbeur nie.

LEES OOK: Tembisa Hospital corruption: Gauteng health chief suspended

“Die hofbevel is steeds in plek om die bates te beskerm terwyl ondersoeke na die Maumela-sindikaat en verwante verkrygingsonreëlmatighede by die Tembisa-hospitaal voortduur. Die Tribunaal self het beklemtoon dat vrae oor eienaarskap onopgelos bly en dat vermoedens rondom die transaksies teen afslagpryse tydens die hoofverrigtinge getoets sal word.”

Die SOE se ondersoek duur voort en hule sal ’n aansoek doe om die bate verbeurd te verklaar. Die voertuie is nie vir die SOE verlore nie; hul waarde is beveilig en die ondersoek duur voort,” sê Kganyago.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article