Hoërskool Garsfontein-skuts skitter by Skyfskiet Egoli & OVL Ope! Die Garsfontein-skyfskietspan het in Mei 2026 hul merk gemaak by twee groot toernooie wat by die Florida-skietklub aangebied is: Skyfskiet NGSSA Egoli Ope (9–10 Mei) en die SAARA OVL Ope (15–16 Mei). Met vasberadenheid, tegniese vaardigheid en ’n sterk spanpoging het die Garsies weer bewys dat hulle tot die top van die land behoort.
NGSSA Egoli Ope
O.16
- Megan Myburgh – 2de plek
Onder 14
- Natalie de Beer – 3de plek
SAARA OVL Ope
O21
- Maryke Crous – Goud – 10M dames
Onder 16
- Jayden van Dyk – Silwer – 3P gemeng
- Anisa du Toit – Silwer – 10M Olimpiese dissipline
Onder 14
- Natalie de Beer – Goud – 3P gemeng & Silwer – 10M dames
- Klara-Belle van der Merwe – Brons – 10M dames
- Ruben Budler – Brons – 3P gemeng & Silwer – 10M mans
Die Garsie-skuts het nie net medaljes ingepalm nie, maar ook hul toewyding en trots op die baan gewys. Hierdie uitslae bevestig dat Garsfontein se jong talent die toekoms van skyfskiet blink laat lyk.

Natalie de Beer, Ruben Budler, Megan Myburgh

Baie geluk aan elke deelnemer – julle maak Garsfontein trots!
Lees meer skolenuus hier: https://novanews.co.za/
Foto’s verskaf







You must be logged in to post a comment.