Die foto is Woensdag 11 Junie om ongeveer 17:40 deur Christoff Theunissen geneem in Simonstad, soos dit agter Roman Rocks vuurtoring verby beweeg het. PHOTO: Christoff Theunissen Photography
Die foto is Woensdag 11 Junie om ongeveer 17:40 deur Christoff Theunissen geneem in Simonstad, soos dit agter Roman Rocks vuurtoring verby beweeg het. PHOTO: Christoff Theunissen Photography

Die pragtige Sustersmaan het sterrekykers oor Kaapstad heen verlede week gaande gehad.

Dié unieke maan wat net ná sonsondergang op 10 Junie oor die horison verskyn het, was die laagste wat dit in amper 20 jaar oor die horison verskyn het – `n verskynsel wat volgens kenners eers weer in 2043 sal plaasvind. Dit was as gevolg van `n groot maanstilstand of lunistice.

Wanneer dit gebeur, is die noordelikste en suidelikste maanopkoms- en maanondergangposisies op hul maksimum afstand van mekaar op die horison – iets wat oor etlike jare geskied.

Danksy `n “maanillusie”, soos dit genoem word, lyk die aarde se natuurlike satelliet altyd groter met maansopkoms wanneer dit naby die horison is omdat die brein se perseptuele funksie dit as baie verder waarneem.

Suid-Afrikaanse konteks

Suid-Afrikaanse konteksDie sesde volmaan van die jaar het met opkoms rooierig vertoon as gevolg van die atmosferiese toestande naby die see, en namate dit gestyg het, het dit meer oranje vertoon.

Volgens Edward Foster, verbonde aan die Sentrum vir Astronomiese Erfenis in Suid-Afrika, was die volmaan teen 09:40 op die 11de Junie “amptelik vol” en dus 100% belig, en teen aand se kant slegs omtrent 99,9%.

Die Sustersmaan is in `n Suid-Afrikaanse konteks genoem na die sterbondel bekend as isiLimela in Xhosa, Pleiades in Engels en die Sewe Susters in Afrikaans.

“Die groep verskyn kort voor sonsopkoms bo die horison en die gereelde terugkeer daarvan is soos `n kosmiese almanak. In Junie is dit snags snerpend koud oor groot dele van die Suid-Afrikaanse binneland, maar die sterre wat deur die son in die somer verberg is, kom nou weer te voorskyn. Dié eerste volmaan in Junie vestig juis ons aandag op die sikliese gang van die sterre, want gedurende Junie sien ‘n mens vroegoggend vir die eerste keer weer die sterbondel nadat dit vir `n paar maande afwesig was,” sê Foster.

Die foto is Woensdag 11 Junie om ongeveer 17:40 deur Christoff Theunissen geneem in Simonstad, soos dit agter Roman Rocks vuurtoring verby beweeg het. PHOTO: Christoff Theunissen Photography
Die foto is Woensdag 11 Junie om ongeveer 17:40 deur Christoff Theunissen geneem in Simonstad, soos dit agter Roman Rocks vuurtoring verby beweeg het. PHOTO: Christoff Theunissen Photography

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Untitled post 270499
    Vista E-edition 10 July 2025