Witteberg Rugby. Hoërskool Witteberg in Bethlehem se O.14A rugbymanne vat nie net een nie, maar twee bekers huistoe na afloop van die 2022 rugbyseisoen.

“Die seisoen het rof begin vir hierdie Witteberg rugby span, maar die manne het hom mooi geëindig. Die span sien uit om vir die volgende vier jaar vir dié skool rugby te speel.  Daar is egter NET1SKOOL” sê Cobus Labuschagne, die O.14A rugbykaptein van Witteberg. Labuschagne het Maandag by die skool se opening sy mede-skoliere toegespreek en gespog met sy span.

Die o.14 A span het op die jaarlikse interskole teen Bethlehem Voortrekker Hoërskool met ‘n telling van 0 – 24 verloor. Hierdie nederlaag het beslis nie die graad 8’s van Hoërskool Witteberg gestop om aan te hou werk nie. “Die afrigters, mnr Dolf van Rensburg en mnr Leonard Jacobs het werklikwaar ‘effort‘ ingesit. Saam het hulle met die seuns die pad verder gestap. “Ons is baie trots op hulle,” sê Gustav Dreyer, die skool se bemarkingshoof. “Dit is ‘n groot oomblik vir die skool en pas só mooi in met die prentjie wat ons wil skets vir die volgende 5 jaar,” het Dreyer bygevoeg.

Die span het by die Sentrale Skole Reeks finaal weer kragte gemeet teen Voortrekker en het dié ligabeker gelig na ‘n telling van 17 – 5. Na die reeks het die manne hul fokus verskuif na die Griffons liga semi-finaal. Witteberg wen toe teen Welkom Gimnasium 17-14. Saterdag, 13 Augustus, het die manne weer teen die manne van Bethlehem Voortrekker Hoërskool op die veld gedraf en wen uiteindelik die Griffons Liga met 20-17 teen Voortrekker!

Hoërskool Witteberg O.14A rugbyspan se afrigters

Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za

https://witteberghs.co.za/

Foto’s verskaf

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article