Wes-Boland Eisteddfod. Twee leerders van Hoërskool Swartland het onlangs aan die Wes-Boland Eisteddfod se afdeling vir Openbare Redevoering deelgeneem. Hulle het met uitmuntende resultate uitgeblink.
Die twee deelnemers wat deelgeneem het is:
- Georgia Nieburg en
- Dineo Pikini
Georgia het goud verower vir beide die voorbereide én onvoorbereide Engelse Openbare Redevoering. Dineo Pikini het silwer behaal vir die voorbereide Engelse Openbare Redevoering.
“Baie geluk aan hierdie talentvolle leerders met julle puik prestasies. Julle verteenwoordig Hoërskool Swartland met trots en toewyding!”






