Wêreld‑padelverhoog - Oudleerders op pad na glorie
Van links: Linge Steenkamp en haar spanmaat Zoë Kruger. (Foto verskaf)

Wêreld‑padelverhoog – Oudleerders op pad na glorie


Wêreld‑padelverhoog. Oudleerders van Hoër Meisieskool Oranje, Linge Steenkamp (MX 2019) en haar spanmaat Zoë Kruger is op pad na glorie. Hulle het aan die Net Set-toernooi in Sandton City deelgeneem en hul plek bespreek na die Wêreld‑padelverhoog.

Die P1-padeltoernooi is waar die elite-mans en -vroue van oor die wêreld in aksie gaan wees. Dit vind plaas op 26 Julie in Pretoria.

Wat dié storie nóg meer besonder maak, is dat albei se ouers, Michelle Steenkamp en Lize Kruger, self oudleerders van Hoër Meisieskool Oranje is. Die tradisie van uitnemendheid loop dus diep in die families.

Linge en Zoë het reeds waardevolle internasionale ervaring agter die blad, aangesien hulle albei kollege‑tennis in Amerika gespeel het. Nou wag ’n nuwe uitdaging op hulle.

Oranje se naam gaan weer trots in die sportwêreld weerklink!

https://oranjemeisies.co.za/

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article