Welkom Gimnasium skitter by nasionale Stoeikampioenskappe
Welkom Gimnasium skitter by nasionale Stoeikampioenskappe

Welkom Gimnasium skitter by nasionale Stoeikampioenskappe


Twee van die skool se talentvolle stoeiers het onlangs aan die Suid-Afrikaanse nasionale stoeikampioenskappe in Kaapstad deelgeneem en uitstekende prestasies behaal.

CJ Swart het geskiedenis gemaak deur as die Suid-Afrikaanse Kampioen in Freestyle gekroon te word. Hierdie oorwinning is nóg meer merkwaardig aangesien hy in 2026 in al drie stoeidissiplines die nasionale titel verower het – ’n seldsame prestasie wat slegs deur ’n handjievol stoeiers bereik is:

  • Beach Wrestling – SA Kampioen
  • Greco-Roman – SA Kampioen
  • Freestyle – SA Kampioen

Wian van der Merwe het ook sy merk gelaat en ’n bronsmedalje verower in die Presidente Juniors, O/65 kg (2006–2012).

Die Gim-familie is uiters trots op CJ en Wian se toewyding, harde werk en uitsonderlike sportmanskap. Hierdie prestasies by die nasionale Stoeikampioenskappe bevestig die skool se plek as ’n krag in Suid-Afrikaanse stoei.

https://welkom-gimnasium.co.za/

Foto’s verskaf

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article