Hoërskool Stellenbosch is trots om aan te kondig dat Misha Bredell van 27 September tot 3 Oktober 2026 deelgeneem het aan die All Africa U/19 Championships in Kaïro, Egipte. Die Suid-Afrikaanse span het goud verower teen spanne uit 12 Afrika-lande, terwyl Misha en sy dubbelsmaat silwer in die dubbelspel behaal het.

Misha is tans steeds in Kaïro waar hy Suid-Afrika verteenwoordig by die World Junior Squash Championships van 5 tot 17 Oktober 2026, saam met juniors uit 47 lande wat meeding vir span- en individuele titels.

Verder is Misha Bredell vanjaar die enigste Suid-Afrikaanse pluimbalspeler wat gekies is om aan die Junior Olimpiese Spele in Dakar, Senegal deel te neem – een van slegs 2 700 atlete wêreldwyd. Die Spele vind van 31 Oktober tot 13 November 2026 plaas.

Hoërskool Stellenbosch spreek sy opregte trots en waardering uit en wens Misha alle voorspoed toe. Baie geluk, Misha – jy dra nie net die Suid-Afrikaanse vlag met trots nie, maar ook die naam van jou skool.

https://stellies.com/

Foto verskaf

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article