Stellenbosch Eisteddfod - Hoërskool Strand
Stellenbosch Eisteddfod – Hoërskool Strand

Stellenbosch Eisteddfod – Hoërskool Strand


Stellenbosch Eisteddfod. Meer as 30 leerders van Hoërskool Strand het hierdie jaar in verskeie kategorieë deelgeneem aan die Stellenbosch Eisteddfod.

Die volgende prestasies verdien spesiale vermelding:

  • Lishke Fouché en Madi Visser het Cum Laude in Visuele Kuns behaal
  • Kayden Shand, Mia Myburgh en Michael Ruzvidzo het Cum Laude in Woordkuns behaal
  • Megan Cocklin het Cum Laude in drie Musiekitems behaal.
  • Emmeri Harris (graad 12) het een Cum Laude en twee goud in Visuele Kuns behaal. Sy is ook die Eisteddfod wenner van die Beeldhou-afdeling in haar ouderdomsgroep. Emmeri is ook as een van 2024 se medalje-wenners aangewys.
  • Mari de Kock (graad 12) behaal ‘n Silwer Plus, Goud Plus en twee Cum Laude sertifikate vir Visuele Kuns. Sy is ook as ‘n medalje-wenner aangewys.

Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za/

https://hsstrand.co.za/

Foto verskaf

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article