Skole-rugby - Hoërskool Hoopstad 1ste rugbyspan presteer
Skole-rugby – Hoërskool Hoopstad 1ste rugbyspan presteer

Skole-rugby – Hoërskool Hoopstad 1ste rugbyspan presteer


Skole-rugby. Hoopies Rugbytoer na Parys.

Hoërskool Hoopstad se Eerste Rugbyspan het gedurende die vakansie ’n opwindende rugbytoer na Parys in die Vrystaat onderneem. Die span het uitstekende sportmanskap en deursettingsvermoë getoon, en die toer was ’n groot sukses.

Uitslae

  • Wen: 12–7 teen De Aar
  • Wen: 7–3 teen Parys
  • Verloor: 10–12 teen Burgersdorp

Spesiale Toekennings

  • Speler van die wedstryd (Parys): Ivan Jansen van Vuuren
  • Voorspeler van die toernooi: Marko Jacobs

Die Hoopies het ’n puik vertoning gelewer en 2de geëindig in die Parys Namgola CUP. Die hele skoolgemeenskap is uiters trots op die span se prestasie.

’n Groot woord van dank aan die afrigters vir al die reëlings, tyd en ekstra moeite wat julle vir die seuns doen. Julle toewyding maak hierdie suksesse moontlik.

Lees meer skolenuus hier: https://schoolsthatrock.co.za/

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article