Schools That Rock het ‘n paar vrae aan Zack Strohmenger, Hoofseun van HTS Middelburg, gevra.

Vraag: Waarna sien jy die meeste uit wanneer die 2021 skooljaar begin? Ek sien die meeste daarna uit om weer my vriende by die skool te sien.

Vraag: Is daar enige aanpassings/ veranderinge wat jy graag wou sien by HTS Middelburg? Dit sal ‘n pluspunt wees as HTS Middelburg meer van tegnologiese innovasie (digitale handboeke, memorandums en klasse) gebruik maak om leerders ‘n voorsprong te gee.

Vraag: Indien jy iemand moet oorreed om jou skool hul keuse te maak, wat sal dit wees? HTS Middelburg het goeie dissipline en tradisies.

Vraag: Wie is jou rolmodel by jou skool? Mnr. Brendan Coetzee

Vraag: Watter sportsoort is jou gunsteling? Tennis

Vraag: Wat is jou gunsteling gereg? Lasagne

Vraag: Watter loopbaan wil jy volg na skool? Chemiese ingenieur.

Vraag: Na watter universiteit wil jy volgende jaar gaan? Tuks

Wat is jou boodskap aan jou mede-skoliere vir 2021? Don’t dig wells where there is no water.

Foto: verskaf

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article