Schools That Rock het ‘n paar vrae gevra aan Marna Greeff, Hoofdogter van Hoërskool Hoopstad.

Vraag: Waarna sien jy die meeste uit wanneer die 2021 skooljaar begin? Ek sien die meeste uit vir die nuwe uitdagings en veranderings wat voorlê, omrede ons generasie baie aanpasbaar is vir vernuwing. 

Vraag: Is daar enige aanpassings/ veranderinge wat jy graag wou sien by Hoërskool Hoopstad? Ek sal ons skool glad nie wil verander nie. Indien ek  Hoopstad se skoolhoof was, sou ek trots wees. Ons skool handhaaf goeie dissipline en die standaarde van ons skool is hoog. Ons skool bied ook die leerders die geleentheid om hul drome na te streef.  

Vraag: Indien jy iemand moet oorreed om Hoopies hul keuse te maak, wat sal dit wees? Hoërskool Hoopstad is ’n goeie skool, met die beste onderwysers wat alles in hul vermoë sal doen vir die leerders. Ons skool streef ook daarna om die skool te ontwikkel tot ’n modelskool wat godsdienstige waardes by leerders vestig en ’n uitmuntende opvoedkundige standaard handhaaf deur middel van Afrikaans as onderrigtaal.  

Vraag: Wie is jou rolmodel by jou skool? My rolmodel by die skool is my wiskunde onderwyser, Juffrou Leonie. Sy het ’n passie vir haar werk en die leerders in haar klas. Sy is altyd bereid om jou te help en sy stel ’n goeie voorbeeld van geloofswaardes en Christenskap.

Vraag: Watter sportsoort is jou gunsteling? Netbal is verseker my gunsteling sportsoort. 

Vraag: Wat is jou gunsteling gereg? My gunsteling gereg is ons koshuis se gebakte sjokolade poeding. 

Vraag: Watter loopbaan wil jy volg na skool? Ek wil na skool arbeidsterapie studeer waarna ek ’n nagraadse onderwysgraad wil verwerf.

Vraag: Na watter universiteit wil jy volgende jaar gaan? Na skool wil ek graag studeer by die Noordwes-Universiteit, omrede dit ’n baie goeie tersiêre instelling is waar jy jou hoogste potensiaal kan bereik.

Vraag: Wat is jou boodskap aan jou mede-skoliere vir 2021? My boodskap aan my mede-skoliere is dat jy net elke oomblik van jou skoolloopbaan moet geniet en hard moet werk. Jou skoolloopbaan gaan so vinnig verby, so pak alles aan met albei hande en wees net die beste jy wat jy kan wees.  

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article