Schools That Rock het ‘n paar vrae gevra aan Haylie Pitzer, Hoofdogter van Hoërskool Hennenman.

Vraag: Waarna sien jy die meeste uit wanneer die 2021 skooljaar begin? Ek sien uit daarna om in 2021 saam met my matriekraadslede te werk.  Ek wil my geloof en morele waardes uitleef en my mede-leerders ondersteun. Dit is belangrik dat ons mekaar ondersteun en mekaar opbou in hierdie vreemde tyd waarin ons onsself bevind. Ek wil die jaar met ywer begin en met groot sukses eindig… met die wete dat ek diep spore in Hoërskool Hennenman se geskiedenis gelos het!

Vraag: Is daar enige aanpassings/ veranderinge wat jy graag wou sien by jou skool? Ek sal nog meer geleenthede vir ons leerders wil gee om geestelik te groei en hulle aanmoedig om hulle Christelike waardes uit te leef.

Vraag: Indien jy iemand moet oorreed om Hoërskool Hennenman hul keuse te maak, wat sal dit wees? Alhoewel ons ‘n klein skool is, is ons kompeterend met ander skole. Ons onderwysers is passievol en altyd bereid om die ekstra myl met jou te loop… die eindresultaat is akademie wat tops is! Ons het ‘n verskeidenheid sportsoorte wat vir elkeen iets bied … en indien jy nie ‘n sportiewe persoon is nie, is daar genoeg kultuuraktiwiteite om jou besig te hou!

Vraag: Wie is jou rolmodel by jou skool? My rolmodelle by ons skool is ons onderwysers. Daar is nie een wat jou sal wegwys indien jy ‘n probleem het nie. Hulle het altyd tyd vir ons en as hulle nie tyd het nie, maak hulle tyd! In die afgelope vier jaar het ek ongelooflik baie by elkeen van hulle geleer … onder andere van respek, omgee, liefde, betroubaarheid, geduld en soveel meer!

Vraag: Watter sportsoort is jou gunsteling? Ek geniet dit om hokkie te speel.

Vraag: Wat is jou gunsteling gereg? Sushi

Vraag: Watter loopbaan wil jy volg na skool? Ek wil graag na skool in die buiteland onderwys gaan gee… verkieslik in China.

Vraag: Na watter universiteit wil jy volgende jaar gaan? Ek sal graag aan die Universiteit van Stellenbosch wil gaan studeer.

Vraag: Wat is jou boodskap aan jou mede-skoliere vir 2021? Spreuke 16:9 – ” ‘n Mens beplan sy koers, maar die Here bepaal sy bestemming.” Ons moet onthou ons kan planne maak en ons moet hard werk aan ons planne, maar ons moet vashou aan ons hemelse Vader omdat Hy aan die einde vir ons wag. Leef elke dag tot eer van Sy naam. Ons kan nie gister verander nie, en ons weet nie wat môre op ons wag nie – vandag kan ons wel verander.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article