SALA-Redenaarskompetisie - Naudies se woorde kry vlerke
Naudies se Redenaarsspan wat deur is na die semi-finale. (Foto verskaf)

SALA-Redenaarskompetisie – Naudies se woorde kry vlerke


SALA-Redenaarskompetisie. Primêre Skool Naudeville glo dat elke stem ’n verskil kan maak. Hulle redenaars het dit weer bewys toe tien leerders hul plek verower het in die semi-finale rondte van die SALA-redenaarskompetisie. Die semi-finale rondte sal plaasvind op 29 Augustus by Eunice High School.

Die name van die redenaars wat blink soos sterre op die lys is:

  • Lumé van Aardt
  • Frederich Barnard
  • Lenique Loggenberg
  • Elle-Anne Roper
  • Eugene Smith
  • Hanno van Jaarsveld
  • Kiara Barnard (afwesig op die foto)
  • Mila-Ne Botes
  • Lizé Blom
  • Nicko Loggenberg

Elke spreker het met moed en passie opgestaan. Hul woorde het nie net die gehoor geraak nie, maar ook die harte van die skoolgemeenskap. Hulle wys dat taal nie net klanke is nie, maar ’n krag wat inspireer, verbind en hoop bring.

“Naudies is ongelooflik trots op hierdie jong redenaars wat wys dat drome en harde werk hand aan hand loop. Mag julle stemme nog verder dra en ander aanmoedig om ook hul talente te laat hoor.”

https://naudies.co.za

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article