Rustie-gholfer Alyssa Goosen skitter op nasionale vlak
Alyssa-Goosen-skitter-by-Serengeti-Golf-Wildlife-Estate

Rustie-gholfer Alyssa Goosen skitter op nasionale vlak


Hoërskool Rustenburg is baie trots op hul Rustie-gholfer Alyssa Goosen. Sy is gekies om die Noordwes-span te verteenwoordig by die 6de SA Hoërskole Dogters IPT Gholftoernooi. Die toernooi het van 18–20 Julie 2026 by Serengeti Golf & Wildlife Estate plaasgevind.

Alyssa het met groot trots haar skool én provinsie op die nasionale verhoog verteenwoordig by een van die grootste meisies-hoërskole gholftoernooie van die jaar.

Toernooi in sy glorie:

  • 5 Provinsies
  • 35 Skole
  • 69 Spelers
  • 36-Putjie kampioenskap

Aan die einde van die toernooi het Alyssa individueel ’n uitstekende 9de plek in Afdeling B behaal, terwyl die Noordwes A-span algeheel 4de geëindig het – ’n merkwaardige prestasie teen van die land se beste jong gholfspelers.

Om vir hierdie keurspan gekies te word, is ’n besondere eer en ’n bewys van Alyssa se toewyding, harde werk en uitsonderlike gholftalent.

Baie geluk, Alyssa – jy maak Rusties en die provinsie baie trots!

https://hsrtb.co.za/

Foto verskaf

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article