Foto bo: Paul Olivier en Christiaan de Boer (onderhoofseun) help mnr Johan van Rooyen. Hy tree ook einde van die jaar af. Langs hom is Dr André Smith en André le Roux (Voorsitter van beheerliggaam)

Primêre Skool Jordania van Bethlehem bedank Konica Minolta South Africa en Food and Trees for Africa vir die bome wat hulle aan die skool geskenk het.

Borge vlnr: Ritch Smith (Bemarkingsbestuurder Konica Minolta SA), Erika Knobel, Dr André Smith (skoolhoof), Paul Olivier (Konika Minolta Bethlehem), Ingrid Olivier (Konika Minolta Bethlehem), Jeminah Mkhize (Food and Trees for Africa Fasiliteerder), Phillip Azzie (Bedryfsbestuurder Konica Minolta SA)
Vlnr: Paul Olivier, Dr André Smith, Nolen du Plooy (hoofseun)
Foto’s vlnr: Jordania se nuwe terreinbestuurder, Ben van den Berg help vir Aiden van Vuuren om ‘n boom te plant.
André le Roux (Beheerliggaam voorsitter) help sy dogter, Ilne le Roux (onderhoofdogter), met ‘n boom.
Amy Kotze (hoofdogter) help vir me Susan Badenhorst, wat einde van die jaar aftree.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article