Hoërskoolleerders van dwarsoor die land ding in die volgende aantal weke mee om as die eerste Blitsbrein Junior gekroon te word. Die program word Maandae om 18:00 op via, kanaal 147, gebeeldsend.

Luc van der Veen (16) van Paul Roos Gimnasium in Stellenbosch, het aan die eerste rondte op Maandag, 6 Januarie deelgeneem en het as die eerste wenner geseëvier. Jan-Hendrik du Toit van Hoër Jongenskool Paarl het die tweede plek ingeneem. Luc het van die begin bewys dat sy algemene kennis moeilik geklop gaan word!

Welgedaan, Luc! Jy Rock!

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article