Oud-Helpmekaar atlete verower goud én brons by Wêreldatletiekkampioenskappe.
Oud-Helpie Jan-Hendrik Heymans (klas van 2025) het geskiedenis gemaak deur die spiesgooi vir mans o.20 by die Wêreldatletiekkampioenskappe in Oregon met ’n fenomenale gooi van 80,50 m te wen. Hierdie wêreldtitel is die kroon op jare se harde werk, toewyding en volgehoue voorbereiding. ’n Spesiale woord van geluk ook aan mnr. Hennes de Wet, sy afrigter wat ’n sleutelrol in sy merkwaardige atletiekpad gespeel het.
Verder het oud-Helpie Leendert Koekemoer (klas van 2025) die bronsmedalje in die 400 m-finaal verower. Nadat hy beide sy uitdun en halfeindronde gewen het, het hy in die eindstryd ’n tyd van 44,96 sekondes aangeteken om die podium te haal. ’n Uitstaande prestasie wat sy plek op die wêreldverhoog bevestig.

Helpmekaar is ongelooflik trots op albei hierdie uitstaande oud-Helpmekaar-atlete!
Foto’s verskaf




You must be logged in to post a comment.