Die C&N Sekondêre Meisieskool Oranje se o.15A-tennisspan het Saterdag weer hul oorheersing op die tennisbaan bevestig toe hulle as die nuwe kampioene van die jaarlikse Affies Prestige-tennistoernooi in Pretoria gekroon is.

Hierdie oorwinning merk die o.15A-span se sesde titel uit die nege keer wat hierdie prestige-toernooi reeds aangebied is. Die span het deurgaans uitstekende spel gelewer en het gedurende die hele toernooi in slegs een kragmeting wedstryde afgestaan.

Oranje het hul pad na die eindstryd met oortuigende seë oor mekaar gebaan:

  • Groepfase: Oorwinning van 15-0 teen Helpmekaar Kollege, 12-3 teen Paarl Girls’ High B, en 15-0 teen Hoërskool Potchefstroom Gimnasium.
  • Kwarteindstryd: ‘n Skoon Sweep van 9-0 teen die Hoër Meisieskool Bloemhof.
  • Halfeindstryd: ‘n Dominante 9-0-seë teen Paarl Girls’ High A.
  • Eindstryd: ‘n Klinkende oorwinning van 12-0 teen Hoërskool Menlopark om die trofee te beklink.

Die o.15B-span van Oranje het eveneens dapper meegeding en die toernooi in ’n verdienstelike sesde plek afgesluit.

https://oranjemeisies.co.za/

Foto verskaf

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article