Sportkapteine vir 2027 – Hoër Meisieskool Oranje, het met trots hul sportkapteine vir 2027 aangekondig. Oranje is ook algemeen bekend vir hul uitstaande prestasies op die sportveld. Hierdie jong leiers gaan nie net hul spanne inspireer nie, maar ook voortbou op die tradisie van uitnemendheid en spangees.
Die volgende leerders is in die sport waarin hul uitblink as Sportkapteine aangewys:
- Talitha Louw – Atletiek
- Danielle Grobbelaar – Hokkie
- Carlin van Rooyen – Landloop
- Carla Uÿs – Netbal
- Margolet Snyman – Skaak
- Ané Snyders – Swem
- Miné Prinsloo en
- Mieke le Roux – Tennis
Die aanstelling van hierdie kapteine weerspieël die talent wat by Oranje floreer – van kragsport en uithouvermoë tot strategiese denksport en tegniese vaardigheid.








Met hul uitmuntendheid en leierskap op alle sportterreine gaan hulle die fakkel van toewyding en leierskap uitdra. Hulle gaan ook die sporttradisie verder uitdra en die skool se naam met trots verteenwoordig.
Baie geluk aan al die kapteine! Oranje se sportgees is in bekwame hande en die toekoms lyk blink.
Foto’s voorsien







You must be logged in to post a comment.