Drie van Hoërskool Nelspruit se blinkste rugbysterre het geskiedenis. Hulle het hul plekke in die gesogte o.17 Mpumalanga 7’s-span bespreek.
Aldo van Jaarsveld, Dian Lubbe en Robroy MacGregor is amptelik gekies vir die o.17 Mpumalanga 7’s-span. Hierdie drie rugbysterre gaan hul provinsie verteenwoordig vanaf 1 tot 3 Oktober by Volkskool Heidelberg. Dit is waar die land se beste jong sewes hul talent en kragte sal meet.
Die seleksie dien as ‘n groot eer vir sowel die spelers as hul skool. Nellies is bekend vir sy sterk sporttradisie en uitnemendheid op die rugbyveld. Die korter en vinniger formaat van die spel vereis uitsonderlike fiksheid, hanteringsvaardighede en taktiese vernuft . Dit is eienskappe wat al drie hierdie leerders gedurende die seisoen ten toon gestel het.
Die skoolgemeenskap en ondersteuners staan bankvas agter die drie blougolf-verteenwoordigers en wens hulle alle sukses toe terwyl hulle voorberei om Mpumalanga se vaandel met trots in Heidelberg te hys.
Foto verskaf






