Ellenique Grubb Gr. 8, Mariska Adriaanzen Gr. 9, en Miette Wissing Gr. 8 van Hoërskool Noordheuwel in Krugersdorp, het die afgelope vakansie aan die Suid Afrikaanse Kampioenskappe vir Uitvoerende Kunste (SACOPA) deelgeneem, met ongeveer 3000 deelnemers, te Rustenburg. Hulle het elkeen verskeie goud, silwer en brons medaljes ontvang vir verskillende kategorieë van sang solos en al drie van hulle is in span Suid Afrika opgeneem om aan die wêreld kampioenskappe in Los Angeles te gaan deelneem.  Ellenique en Miette se duet items het 5 goud en ‘n silwer gekry, en hulle is ‘n algehele groep wennerstrofee toegeken. Miette het ook ‘n uitnemende prestasie “Triple Threat” toekenning (skild) asook R10 000,00 kontant vir die veelsydigste deelnemer in die hele kompetisie ontvang, met die hoogste algehele punte vir modelwerk, drama en sang.  Die dramagroep Divergent, waarvan Ellenique en Miette ook deel was, het ook 3 goue medaljes en ‘n silwer medalje ontvang.   Al 3 Nories was ook gekies om aan die gala aand se “Showcase” konsert deel te neem, waar slegs die heel beste items opgevoer was.

 

Ellenique en Miette was ook te sien op Kyknet Nuus tydens beriggewing aangaande die kompetisie.

Nories se Norienomades is een uit ‘n miljoen! Die groep trek gereeld hul stapskoene aan, vat  die pad en gaan verken die natuur.  Me. Laetitia Deetlefs, die organiseerder maak seker dat iets nuuts geleer word. Die onlangse uitstappie was by Mogale’s Gate gewees.

Onderstaande leerders is gekies vir Gauteng Netbal.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article