Op Vrydagaand, 14 September het 150 gaste by Kralinbergh aangekom om Nelstehuis, koshuis van Hoërskool Ermelo, se 100 jaar te vier. Die atmosfeer was feestelik en die gaste het aangesit vir ‘n feesmaal.

Oud-Nelsies het van regoor Suid-Afrika gekom, onder andere Upington en Stellenbosch.
Die oudste Nelsie-inwoner was ook daar; Juba Grobler was `n inwoner van Nelstehuis van 1950 tot 1951. In sy toespraak sê hy dat dit spesiale dogters moes gewees het wat die seuns laat skuif het na Veltman, die seunskoshuis van die EHS.

Coffee Snobs het gesorg vir die agtergrondmusiek. Die hoofdogter van 2019, Hanné Swart het die volgende dankie aan Nelstehuis gerig: “Nelstehuis, dankie dat ons die grootmenswêreld kop omhoog kan instap, omdat jou invloed stewig in ons lê.

Dankie vir die geduldige, sorgsame ma wat jy vir soveel harte vir 100 jaar was.”

Die naweek is afgesluit met `n ontbyt Saterdagoggend waar Nelsies weer deur die gebou kon stap en herinneringe opdiep.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article