Hoërskool Nelspruit is die Noordstreekwenners van Afriforum se Dink of Sink onvoorbereide debat 2018! Gerhard van der Merwe, Wehan Viljoen en Josua Matthee het die naweek hul 2017 Dink of Sink-titel in Centurion gaan verdedig in die nasionale rondte van die kompetisie.
Die Nellie-trio het hierdie jaar die finaal net-net gemis. Van die onderwerpe het ingesluit “om te boikot is sinvolle vorm van burgerlike protes” en “Suid-Afrika moet ‘n nuwe inheemse taal skep vir eie gebruik”.
Baie geluk aan hierdie streekswenners!







You must be logged in to post a comment.