Nasionale o.16-kriekettoernooi - Hoërskool Gimnasium Paarl
Nasionale o.16-kriekettoernooi – Hoërskool Gimnasium Paarl

Nasionale o.16-kriekettoernooi – Hoërskool Gimnasium Paarl


Nasionale o.16-kriekettoernooi. 🏏 Hoërskool Gimnasium Paarl is trots om De Waal Vivier en Derrick Groenewald geluk te wens met hul insluiting in die Boland o.16A-krieketspan! Hierdie prestasie is ’n bewys van harde werk, toewyding en talent.

Die nasionale o.16-kriekettoernooi vind van 9 tot 14 Desember in die Paarl plaas. Dit is ’n wonderlike geleentheid vir die spelers om hul vaardighede op nasionale vlak te wys.

Sterkte aan De Waal en Derrick – Paarl Gim staan agter julle!

Lees meer interessante skolenuus hier: https://schoolsthatrock.co.za/

https://www.paarlgim.co.za/

Foto’s verskaf

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article