Nasionale Hoërskole-Atletiekbyeenkoms – Danyelle Pienaar, talentvolle atleet van Hoër Meisieskool Oranje het uitgeblink by Nasionale Hoërskole-byeenkoms in Bloemfontein.

Danyelle het op 2 Mei 2026 haar naam weer in die geskiedenisboeke laat opteken tydens die Nasionale hoërskole-atletiekbyeenkoms. Dit was ’n dag wat sy lank sal onthou. Drie keer het sy die podium betree, waarvan twee keer as kampioen.

  • In die 400 m-hekkies (o.19) het sy met ’n indrukwekkende tyd van 59.22 sekondes goud gewen.
  • Later het sy saam met haar spanmaats die 4×400 m-aflos oorheers en die eerste plek behaal.
  • Vroeg die oggend het sy ook ’n belangrike rol gespeel in die Vrystaatspan wat derde geëindig het in die 4×100 m-aflos.

Hiermee bevestig Danyelle haar reputasie as een van die land se top hekkiesatlete. Haar prestasie bou voort op ’n sterk rekord. Reeds in 2023 het sy die SA-kampioenstitel in die 300 m-hekkies (o.15) verower.

Met sulke konstante uitnemendheid wys sy dat harde werk, talent en deursettingsvermoë die sleutel is tot sukses.

Meer Skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za/

https://oranjemeisies.co.za/

Foto voorsien

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article