Martie du Plessis vier Chris van der Westhuizen se Presidentsverkenner
Martie du Plessis vier Chris van der Westhuizen se Presidentsverkenner

Martie du Plessis vier Chris van der Westhuizen se Presidentsverkenner


Martie du Plessis Skool, Bloemfontein, is uitermate trots op matriekleerder Chris van der Westhuizen. Chris het die gesogte Presidentsverkenner-toekenning van Die Voortrekkers verwerf. Dit is die hoogste eer wat ’n Verkenner kan ontvang.

Chris het die uitdagende nasionale Hoofleierswag-eksamen met sukses geslaag. Daarna het hy ook die Presidentsverkennerkamp voltooi, waar sy leierskap, karakter, diensbaarheid en deursettingsvermoë op nasionale vlak getoets is.

As lid van die Voorslagkommando tel Chris van der Westhuizen nou onder ’n klein, uitverkore groep jong Suid-Afrikaners wat hierdie besondere mylpaal bereik het.

Die skool wens hom van harte geluk en vertrou dat hierdie prestasie die begin van nog vele suksesse sal wees. “Die Vrystaat is trots op jou, Chris!

https://mdup.co.za/

Foto verskaf

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article