Hoërskool Langenhoven het die 2026 interskole algeheel gewen. Nadat hulle ses van die beskikbare trofeë ingepalm het tydens die jaarlikse sportsweek teen Hoërskool Overberg in Riversdal van 17 tot 22 Augustus.
Die Dasse, wat as gasheer opgetree het, het oorheersende vertonings in netbal en hokkie gelewer om die Netbaltrofee, Hokkie-seunstrofee, Hokkie-dogterstrofee en die Gesamentlike Hokkietrofee te wen. Hulle het ook die Maandagtrofee vroeg in die week verower.
Hoërskool Overberg het egter die Rugbytrofee gewen om te verhoed dat Langenhoven ‘n skoonskip maak.
Netbal en Hokkie sleutel tot sukses
Die netbalspanne het Saterdag 22 Augustus se hoofdag met sterk vertonings begin.
Op die hokkievelde het beide die seuns- en dogterspanne uitstekend presteer. Die dogterspanne het reeds op Vrydag 21 Augustus momentum opgebou met oorwinnings in die O/18B- en O/14A-spanne voordat hulle eerstespanne Saterdag ook gewen het.
Die drie hokkietrofeë, seuns, dogters en gesamentlik, het die grootste bydrae tot Langenhoven se algehele oorwinning gelewer.
Overberg wen rugbystryd
Die rugbyveld het ‘n ander storie vertel. Hoërskool Overberg het ‘n sterk vertoning gelewer om die Rugbytrofee te wen in wat die mees kompeterende afdeling van die Interskole was.
Die uitslag het verhoed dat Langenhoven al die trofeë verower, maar die Dasse se rugbyspanne het nietemin met trots meegeding.



