Kovsie Smash Kriekettoernooi - Hoërskool Sentraal
Kovsie Smash Kriekettoernooi – Hoërskool Sentraal

Kovsie Smash Kriekettoernooi – Hoërskool Sentraal


Kovsie Smash Kriekettoernooi. 🏏 Hoërskool Sentraal uitslae by Kovsie Smash Kriekettoernooi.

Dag 1

Sentraal moes die knie buig teen Hoërskool Eldoraigne en verloor met 61 lopies.

  • Benyal Morkel het ’n uitstaande beurt gespeel en net-net die honderd gemis met 99 lopies.
  • Sentraal se beste kolwer was Damian Smith, wat 41 lopies van 32 balle aangeteken het.

Dag 2

Sentraal het sterk teruggekom en wen Hoërskool Driehoek van Vanderbijlpark met 38 lopies.

  • Die verjaardagman van die dag, Erik Prinsloo, het sy dag spesiaal gemaak met 59 lopies van slegs 26 balle.
  • Juan van der Walt het ook blink vertoon met 40 lopies van 25 balle.

In die tweede wedstryd van die dag het Sentraal ongelukkig net-net kort geval teen Potch Volkies, wat met 7 lopies gewen het.

  • Erik Prinsloo was weer die sterspeler van Tralies met ’n briljante 89 lopies van 54 balle, en is tereg as Speler van die Wedstryd aangewys!

Lees meer skolenuus hier: https://schoolsthatrock.co.za/

https://sentraal.co.za

Foto verskaf

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article