ITF J60 Internasionale Tennistoernooi - Paul Roos Gimnasium
ITF J60 Internasionale Tennistoernooi – Paul Roos Gimnasium

ITF J60 Internasionale Tennistoernooi – Paul Roos Gimnasium


ITF J60 Internasionale Tennistoernooi. Willem de Waal, Paul Roos Gimnasium, Stellenbosch, se nommer 1-tennisspeler, het die naweek in Botswana by die ITF J60 Internasionale Tennistoernooi deelgeneem.

Willem het as die tweede gekeurde die enkelspel- en die dubbelsspeltitel saam met Bogdan Mandic van Grey College verower.

In die enkelspel het Willem die eerste gekeurde Jeffrey Strydom van Australië 6/4 6/3 in die finaal gewen.

Willem het die jaar in 15 ITF-enkelspelwedstryde gespeel en slegs een verloor. In die laaste vyf ITF-toernooie het hy 24 oorwinnings behaal en slegs een wedstryd verloor.

Lees meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za/

https://paulroos.co.za/

Foto verskaf

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article