Interhuis-atletiek 2026 – Laerskool Stulting, Humansdorp, het op 19 en 20 Januarie 2026 hul jaarlikse Interhuis-atletiekbyeenkoms aangebied. Hierdie Interhuis atletiek is ‘n hoogtepunt op die skoolkalender wat vanjaar weer talent, deursettingsvermoë en spangees in oorvloed getoon het.

Prestasies en Hoogtepunte

Die twee dae was gevul met opwinding en uitstekende sportmanskap. Atlete het nie net hul beste gegee nie, maar ook nuwe standaarde gestel met verskeie rekordbrekende prestasies.

Die atlete wat presteer het is as volg:

  • Jaymar Swarts (o/11) – Verspring: 4,2 m
  • Jake Knezovich (o/11) – 1200 m: 4:15,47
  • Anru Germishuys (o/13) – Diskusgooi: 30,75 m
  • Simoné van der Walt (o/13) – 75 m Hekkies: 13,60
  • Simoné van der Walt (o/13) – Verspring: 4,31 m
  • Lika Vermaak (o/13) – Diskusgooi: 31,01 m
Interhuis-atletiek 2026 - Laerskool Stulting
Atlete van die Dag

Die toekennings vir Atlete van die Dag het die sterprestasies van jong talente beklemtoon.

Hulle is as volg:

Seuns:

  • o/7 Caylum Loots – 38 punte
  • o/8 Daniël Joubert – 42 punte
  • o/9 Israel Davids – 26 punte
  • o/10 Cadon Karolisin – 24 punte
  • o/11 Jaymar Swarts – 45 punte
  • o/12 Chaiden May – 37 punte
  • o/13 Jordan Felix – 31 punte
  • o/14 Justin Kröhn – 38 punte

Dogters:

  • o/7 Bella Jantjies – 14 punte
  • o/8 Luné Terblanché – 22 punte
  • o/9 Chailynn May – 16 punte
  • o/10 Olivia-Rose Gouws – 38 punte
  • o/11 Leani Knoesen – 43 punte
  • o/12 Madison Hayes – 32 punte
  • o/13 Simoné van der Walt – 91 punte
  • o/14 Limari Millard

Victor Ludorum

Die gesogte Victor Ludorum-titels is toegeken aan:

  • Seuns: Jaymar Swarts
  • Dogters: Simoné van der Walt

Span van die Dag

Die Interhuis het ook die krag van spanwerk beklemtoon. Rooi, Swart en Goud het as die spanne van die dag uitgestaan en hul kleure met trots gedra.

Die Interhuis-atletiek 2026 was ’n viering van sport, talent en trots. Met nuwe rekords en uitstaande prestasies het Laerskool Stulting se atlete weer bewys dat die toekoms van atletiek blink is.

Meer Skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za/

https://www.stulting.co.za/

Foto’s voorsien

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article