Bartho Visser (Graad 12) van Hugenote Hoërskool, Wellington, het die vakansie deelgeneem aan die SA Marathon Kampioenskap
in Gauteng.

Hy het met sy K2-spanmaat ‘n silwermedalje gewen. Hulle is gekies om, as deel van die SA Marathonspan aan die wêreldkampioenskap in Cjina deel te naam.

Bartho het ook aan die Wes-Kaap Rivierkampioenskap deelgeneem en behaal in die junior-afdeling ‘n eerste plek.

Verder het hy ook deelgeneem aan die bekende Bergrivier Kanomaraton waar hy algeheel 6de geëindig het.

Baie geluk Bartho!

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article