Hoërskool Punt, Mosselbaai, neem reeds sedert 2014 aan die Broodknippies vir Rolstoele-projek deel. Hierdie kwartaal het hulle ‘n broodknippie-kompetisie gehou. Leerders (in elke graad) wat die meeste broodknippies ingesamel het, het ‘n geskenkpak, geborg deur Huawei, ontvang. Elke geskenkpak het oorfone, ‘n selfiestok en ‘n “ring popsocket” bevat.

Die kompetisie is deur Landré Cope en Kyla Buitendach gereël.

Foto: Dihan van der Westhuizen (Graad 9), Adi Kotze (Graad 10), Andrea Kommer (Graad 12), Prudence Links (Graad 11) en Cayla Koen (Graad 8).

 

Kyla Buitendach en Landré Cope

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article