Nardus J v Rensburg – Sosiaal

V: Die beste ding van lockdown is…

A: Om tyd saam met my gesin deur te bring en elke oggend laat te slaap.

V: Die ergste deel van lockdown is…

A: Ek sien glad nie my vriende nie en die feit dat ons meer werk ontvangas wat ons op skool gedoen het.

V: Watter raad wil jy op die oomblik in President Ramaphosa se oor fluister?

A: “Oom Cyril, gee pouse daar!”

V: Stel jou voor dat jy die hoof van VHS is. Watter skoolreël sou jy verander en waarom?

A: Die hare-reël. Elke leerder moet sy eie keuse hê op watter haarstyl hy/sy wil dra en kort hare pas nie by almal nie.

V: Watter onderwyser het jou ‘n belangrike lewensles geleer?

A: Mnr Boats. Om nooit ‘n boek volgens die buiteblad te oordeel nie en dat elkeen ‘n billike kans verdien om homself te bewys!

 

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article