Chrizelle Strydom, ʼn graad 12 leerder aan Hoërskool Upington het weereens hoogtes met haar drama talent bereik deur as een van die top 20 semi-finaliste deur die ATKV-Tienertoneelkompetisie aangewys te word.
Dit is voorwaar ’n prysenswaardige prestasie gelykstaande aan provinsiale deelname gegewe die nasionale standaard waaraan ATKV-Tienertoneel gemeet word en dat daar slegs 20 uit 223 inskrywings gekies kon word.
Vanjaar was die voorvereiste vir die ATKV-Tienertoneel dat slegs nuwe tekste geskryf en opgevoer mag word. Chrizelle se eenvroustuk getiteld “wegbreek” is gesamentlik deur haarself en haar drama onderwysers, juffrou Lesley Swart van Hoërskool Upington geskryf. Die verhoogoptrede en teks het beide goud verwerf. Op 16 Oktober word die Top 10 finaliste aangewys en die nasionale wenner gaan by ‘n toneelfees waar al die opvoerings vertoon gaan word op 14 November aangekondig word.
NovaNews WhatsApp Channel is LIVE!
Get the stories that matter, straight to your phone. Click here to join NovaNews on WhatsApp or scan the QR code for instant access.

Share this post:
Related Articles
Leave a comment
You need to be Logged In to leave a comment.


