Niel van der Colff (graad 8) het aan die GrootFM se kuber “jouGROOTtalent 2020”-kompetisie (Instrumentaal: kitaar) deelgeneem. Hy het met 95% die eerste plek in sy ouderdomskategorie (gr. 8 – 9) en ook in die Wes-Kaap verower. Nasionaal het hy met die vierde plek weggestap!
Baie geluk, Niel! Jy hou die Tiere se naam hoog en ons is baie trots op jou!
Hier is ‘n uittreksel van sy inskrywing: Tommy Emmanuel se Halfway Home!

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article