Hoërskool Strand ontvang jaarliks ‘n hele paar oorsese Netbal, Hokkie en Rugby-toerspanne. Die eerste 2 spanne het hierdie week reeds teen van die Strand-spanne gespeel.

Foto bo: Mount St Mary’s en Strand netbal spanfoto

Mount St Mary’s toerspanne 10 Julie

Die O.18 B en C-netbalmeisies het ‘n 40-minute wedstryd teen Mount St Mary’s gespeel. Gelei deur kapteine Natalie Cloete en Rhoide Johnson het die meisies werklik ‘n taai stryd gestry.

Die toerspan het hard gespeel, maar die Arend-meisies se harte was in die wedstryd. Strand het ongelukkig 14-18 verloor, maar elke doel was ‘n oorwinning veral teen so ‘n dinamiese span.

Die speler van die wedstryd was Nadia Louw wat vir 30min uit die 40min alles gegee het.

 

Mount St Mary’s Netbal

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article