Hoërskool Pearson, Gqeberha, vier met trots die merkwaardige prestasies van hul Gr. 10–12-leerders in die ATKV-Afrikaansolimpiade. Hierdie jaar het die skool se leerders hul taalvaardighede op provinsiale sowel as nasionale vlak bewys.
Huistaalafdeling
Mia Strydom het ’n indrukwekkende 2de plek in die Oos-Kaap Top 20 behaal en ook nasionaal in die Top 100 geëindig – ’n prestasie wat haar as ’n ware taalambassadeur onderskei.
Eerste Addisionele Taal
Ons Eerste Addisionele Taalleerders het geskitter met 10 leerders in die Oos-Kaap Top 20. Riley Govender het boonop sy plek in die Top 100 nasionaal verseker.
Uitslae in die Oos-Kaap Top 20
- Riley Govender – 85,38% (1ste)
- Abigail Matthews – 83,08% (3de)
- Marinda van Rensburg – 82,31%
- Lara van Niekerk – 82,31%
- Lisanne Barendse – 81,54%
- Tatum Loxton – 81,54%
- Zeenat Cerfonteyn – 80,77%
- Jacques du Plessis – 80,77%
- Katya Steyn – 80,00%
- Erin Brand – 80,00%
Trots en Erkenning
Hierdie uitsonderlike prestasies bevestig Hoërskool Pearson se toewyding tot akademiese uitnemendheid en die bevordering van Afrikaans.
https://pearsonhighschool.com/
Foto verskaf



