Hoërskool Outeniqua is trots op Matthew Prins en Rufagon Hendricks. Hierdie twee Kwaggas het onlangs die Groen en Goud verteenwoordig het in die SA o.18-rugbyspan.
Die span het kragte gemeet teen Frankryk o.18, Ierland o.18 en Georgië o.18. Dit is ’n besondere geleentheid wat hierdie twee Kwaggas die kans gegee het om hul talent op internasionale vlak te wys.
Terwyl hul teenwoordigheid in die Kwagga-trui gemis is, het dit duidelik gewys watter waarde hulle tot Hoërskool Outeniqua se rugbyfamilie toevoeg. Om die nasionale kleure te dra, is ’n eer en ’n prestasie. Dit sal vir altyd deel van hul sportloopbaan sal wees.
“Van Outeniqua tot op die internasionale rugbyveld – Kwaggas bly Kwaggas!”
Foto verskaf






