Monnas is meer as net ‘n skool…

Dit is ‘n familie waar ons omgee vir mekaar, waar ons seker maak dat elkeen ontvang wat hy/sy nodig het om suksesvol te wees in die lewe.  Monnas is nie ‘n gebou waar jy jou skoolloopbaan voltooi nie – dit is ‘n kompas vir die toekoms.  Dit is hier waar die beginsels, waardes en verhoudings vasgelê word as ‘n lewenslange rigtingwyser.

Akademie

Ons akademiese fokus en uitslae is slegs een van die aspekte wat Monnas een van die top hoërskole in die land maak, en bied die perfekte fondasie vir verdere studie en ‘n suksesvolle loopbaan. Monnas bied aan ons leerders ‘n wye verskeidenheid van vakke om te kies.

Sport

Sport lê ons naby aan die hart.  Monnas bied uitmuntende sportgeriewe vir die volgende:  atletiek, gholf, hokkie, jukskei, krieket, landloop, netbal, rugby, skaak, swem en tennis.  Ons eerste rugbyspan staan bekend as die “Witbulle” en hulle was die 2017/2018 Virseker Beker kampioene.

Kultuur

By Monnas kan jy jouself uitleef na liggaam, siel en gees.  Van die kultuuraktiwiteite wat deur die skool aangebied word sluit in koor, debat, redenaars, mej. Monnas en revue.  Ons magneetskool vir musiek is van die beste in die land!

Kommunikeer met Monnas via u rekenaar of selfoon.https://www.facebook.com/?sk=h_chr

Communicate with Monnas using your computer or phone.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article