Alberton – Die o.14A-seuns krieketspan van Hoërskool Marais Viljoen het van 23 tot 27 September aan die Shaun Pollock-fees deelgeneem. Die krieketfees is by Glenwood High School in Durban aangebied. Die krieketfees het kragmetings teen van die land se sterkste skole aangebied. Hoërskool Marais Viljoen se spelers het nie net waardevolle wedstrydervaring verkry nie, maar ook ’n geleentheid om spanpoging en vaardighede te verfyn.
Met drie oorwinnings uit vier wedstryde het die span van Hoërskool Marais Viljoen in Durban hul staal gewys en die skool se naam met trots hoog gehou.
Wedstrydresultate
- Midstream College – Verloor
- Glenwood High School – Wen
- Pearson High School – Wen
- Northwood School – Wen
Uitblinkers
Teen Midstream College
- Ruvan Graham – 57 lopies (36 balle)
- Ethan Graham – 42 lopies (31 balle)
- Ruben van den Berg – 4 paaltjies
- Siandile Jonas – 3 paaltjies
Teen Glenwood High School
- Yaqeen Lagardien – 61* lopies (40 balle)
- Shreyan Naicker – 50* lopies (36 balle)
- Shreyan Naicker – 4 paaltjies
- Siandile Jonas – 3 paaltjies
Die wedstryd teen Pearson High School
- Ethan Graham – 39 lopies (38 balle)
- Kayde Nolan – 34* lopies (58 balle)
- Shreyan Naicker – 2 paaltjies
- Ruben van den Berg – 2 paaltjies
Die wedstryd teen Northwood School (Gasheerskool)
- Ruvan Graham – 47 lopies (41 balle)
- Lihan van Rooyen – 2 paaltjies
Hierdie toer was ’n uitstekende geleentheid vir die spelers om hulself teen topskole te toets, waardevolle lesse te leer en as span verder te ontwikkel.
https://www.maraisviljoen.co.za/
Foto verskaf






