Die verhoogdekor op die EHS-Ouditorium getuig van fyn beplanning en stylvolle klas

Hoërskool Ermelo hou prag-Kerssangdiens


Op Maandag 9 November het die Errieraad van 2021 hulle amptelike eerste funksie gehad. Die Kerssangdiens is ‘n jaarlikse instelling om die jaar op ‘n gepaste wyse af te sluit, die onderwysers te bedank en die leerders sterkte toe te wens vir die eksamen.

Onder leiding van die Kultuurleiers is dit die Errieraad se verantwoordelikheid om die geleentheid te reël: van die program, boodskap, musiek, vermaak, tot die geskenke en dekor.

Leandri Viviers en Desmond Slabberts tydens die verwelkoming

Leandri Viviers en Desmond Slabberts, Kultuurleiers van 2021, het hul uitstekend van hul taak gekwyt met ‘n uitsonderlike Kerssangdiens. Soos dit hoort, is daar deurentyd op die koms van Jesus Christus as grootste geskenk vir die mensdom gefokus.

EHS se Marimba-groep, me. Lizanne Dippenaar en mnr. Dirkie van Staden se duo, die musiek en samesang en boodskap vanaf ds. Marius Smit het die hele program omgetower in ‘n sagte en kosbare tyd om die leerders en onderwysers rustig te herinner aan God se liefde vir elkeen.

Me. Chrisna van der Berg agter die klavier, me. Lizanne Dippenaar op die viool en mnr. Dirkie van Staden op die kitaar, besig met begeleiding vir voorsang.

Hoërskool Ermelo is opreg trots om dié tipe geleenthede en verantwoordelikhede vir die leiers te bied om hulle te laat groei op verskeie vlakke en sodoende Erries die lewe na skool in te stuur as volwaardige volwassenes wat ‘n dieper kennis het van die lewe as net dit wat in ‘n toets weergegee kan word.

Groot dank word vanaf die onderwysers aan die Errieraad uitgespreek met ‘n uitsonderlike Kerssangdiens.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article