Die DF Orkesprogram het tydens die grendeltydperk ongesteurd voortgegaan. Hoewel die orkes nie kon saam oefen nie, het hulle ‘n YouTube Video-projek aangepak. Die resultaat was uitstekend en het alle verwagtinge oortref. Binne net ‘n paar weke was daar reeds sowat 1 000 mense wat gaan kyk het. Ons laat die poppe dans” in.
Al die orkeslede het onmiddellik met aanlynlesse begin toe die grendeltyd aangekondig is. Volgens die onderwysers wat by die orkes betrokke is was die leerders se vordering selfs beter as voorheen! Eksterne eksamens was vanjaar moeilik om aan deel te neem, hoewel Wynand Oberholzer sy graad 6 eufonium eksamen by Trinity College London met meriete geslaag het.

Baie geluk!

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article