Anlie Human en Johan Duvenhage Hoofmeisie en -seun van Hoërskool De Aar met die “buffs” van CANSA wat hul as aandenking van HSDA ontvang het. Die “buffs” is van CANSA bestel en die woorde #Covid-19 HSDA MX 2020 is daarop laat druk.

Die personeel van HSDA het dit goed gedink om ons besonderse GR.12-klas van 2020 ʼn aandenking van die jaar te gee.
Elke matriek-leerling het Maandagoggend ʼn “buff” ontvang tydens ʼn seremonie wat in die saal gehou is. Die buffs is van CANSA bestel en die woorde #Covid-19 HSDA MX 2020 is daarop laat druk. Terwyl die leerders hul geskenk ontvang het, is foto’s van hulle vertoon terwyl die lied “In the Hall of fame” gespeel is.
HSDA is trots op ons matrieks en is bly dat ons met die gebaar ook vir CANSA kon ondersteun.

Vlnr: Anlie Human – 1 en Johan Duvenhage – 2

 

 

Vlnr: Montelle April – 2 en Cara Clark – 3
Vlnr: Pamela Nxala en Dugan Brown

Vlnr: Amey Duvenhage en Lesli du Plessis

Vlnr: Waydean East en Zimbini Jacobs

 

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article