Ons is matrikulante van 2020 : die jaar wat niemand sal vergeet nie. Ons laaste skooljaar, wat `n jaar moes wees van pret, plesier en plig. Dit sou ‘n jaar van laastes wees : laaste atletiek, rugby, netbal, skoolsokkies en melodrama.
Ek het uitgesien na my rugbywedstryde, rugbytoer en geesbou. Ons wou tussen die eise van die laaste skooljaar deur goeie tye hê op die maat van Francois van Coke en Spoegwolf se musiek. Ons het bitter min hiervan en ongelooflik baie onsekerhede en teleurstelling gehad. Maar tog het ons ook baie geleer in 2020. Ons het `n nuwe taal geleer- ‘n taal van aanpassings, van versigtigheid, voorlopigheid en van geduld. Ons het geleer dat hegte verhoudings in tye van onsekerheid ontwikkel. Ons het geleer dat as een manier of plan nie uitwerk nie, daar ander planne uitgedink kan word. Ons het ervaar hoe mense rondom ons, ons moed inpraat.
Ons het ‘n groter respek gekry vir lewe, gesondheid, samewerking en wetenskap. Ons het ‘n reuse eksamen geslaag, al het ons nog nie fisies die jaar eksamen geskryf nie. Ons moet al hierdie lewenslesse gebruik in die grootmenslewe wat voor ons lê. Die klas van 2020 mag oor ‘n paar jaar dalk voor wees as gevolg van die lesse wat ons geleer het hierdie jaar. Ons mag dalk voorloop wat lewensfiksheid aangebetref omdat 2020 een lang en steil bult was in ons karaktervorming.
Ek wil dankie sê aan mnr PW en die personeel. Julle speel ‘n baie groot rol in ons lewe. Dankie vir kwaaipraat en lag, aanpraat, mooipraat en voorpraat. Dankie dat ons by julle kan leer van wil en sal en dat aanhou belangriker is as wen. Spesiaal dankie ook vir ons klasonnie, juffrou Elsabe. Ons kon nie vir beter gevra het nie.
Ek sluit af met Josua 1:9 “Wees sterk, wees vasberade. Moenie skrik nie, moenie bang wees nie want Ek die Here jou God, is by jou oral waar jy gaan.“
Stephan van Jaarsveld
Sonri Marè se Boodskap
In tye soos hierdie waar ons konstant oorweldig word deur die nuwe normaal en die onsekerheid van die toekoms, is ons as Bultie-matrikulante van 2020 ongelooflik dankbaar dat ons die voorreg het om nog steeds aan tradisionele verrigtinge te kan deelneem, wat die moraal bietjie kan lig en geesbou bevorder.
In hierdie vertrek is toekomstige dokters, prokureurs, veeartse, patoloë, boere, rekenmeesters, onderwysers en selfs vele meer, maar sonder onderwysers sou dit nie moontlik gewees het nie. Onderwys is immers die beroep wat al die ander beroepe onderrig en daarom is ons dankbaar vir onderwysers vandag, maar veral vir die onderwysers van Hoërskool Bultfontein. Dankie dat julle ons meer geleer het as wat in die dag se beplanning gestaan het en aan ons die regte gereedskap gegee het om aan ons toekoms te bou. Dankie vir al die kosbare herinneringe wat ons vir altyd in ons harte sal koester. Dikwels ken die onderwysers ons beter as wat ons onsself ken, en hy weet presies wat ek nou gaan sê, want hy ken sy “customers” . Soos die einste mnr ook gewoonlik sê wanneer ons die 54ste gedig in matriek behandel : “hoekom onthou julle die goed wat julle nie moet onthou nie?” En dis so ironies, maar dis juis in die herinnering van hierdie klein goedjies, waar die belangrike lewenslesse lê. En ons sal dit vir altyd by ons dra.
Baie dankie vir die deurmekaarste, maar virseker die lekkerste en interessantste jaar nog!
Sonri Marè
NovaNews WhatsApp Channel is LIVE!
Get the stories that matter, straight to your phone. Click here to join NovaNews on WhatsApp or scan the QR code for instant access.
To provide the best experiences, we use technologies like cookies to store and/or access device information. Consenting to these technologies will allow us to process data such as browsing behavior or unique IDs on this site. Not consenting or withdrawing consent, may adversely affect certain features and functions.
Functional
Always active
The technical storage or access is strictly necessary for the legitimate purpose of enabling the use of a specific service explicitly requested by the subscriber or user, or for the sole purpose of carrying out the transmission of a communication over an electronic communications network.
Preferences
The technical storage or access is necessary for the legitimate purpose of storing preferences that are not requested by the subscriber or user.
Statistics
The technical storage or access that is used exclusively for statistical purposes.The technical storage or access that is used exclusively for anonymous statistical purposes. Without a subpoena, voluntary compliance on the part of your Internet Service Provider, or additional records from a third party, information stored or retrieved for this purpose alone cannot usually be used to identify you.
Marketing
The technical storage or access is required to create user profiles to send advertising, or to track the user on a website or across several websites for similar marketing purposes.
You must be logged in to post a comment.