Hoërskole Skaakliga 2024 - Hoërskool Fichardtpark
Hoërskole Skaakliga 2024 – Hoërskool Fichardtpark

Hoërskole Skaakliga 2024 – Hoërskool Fichardtpark


Hoërskole Skaakliga 2024. Foto: Fichies se skaakspelers.

Hoërskool Fichardtpark se o.19A-Skaakspan is bekroon as die algehele wenners van die Bloemfonteinse Hoërskole Skaakliga 2024.

Die o.19 A-spanlede

  • Christiaan Kotzé (Bord 1)
  • Johrné Rossouw (Bord 2)
  • Malan van Rensburg (Bord 3)
  • Jason Melville (Bord 4)
  • Ruald van Heerden
  • Ruan Kotzé
  • WJ Swanepoel

Ruald van Heerden, Ruan Kotzé en WJ Swanepoel het gedurende die liga as o. 19A-span reserwe-spelers deelgeneem.

Verskeie skaakspelers is vereer met spesiale toekennings vir hulle uitmuntende skaakprestasie:

  • Christiaan Kotzé (o.19 A-Skaakspan) is aangewys as die “Skaakspeler van die Jaar 2024” en het die toekenning as die algehele wenner van Bord 1 ontvang. Hy het ook 5 bordpryse verwerf vir eerste plekke wat hy behaal het.
  • Johrné Rossouw (o.19 A-Skaakspan) het die toekenning ontvang as die algehele wenner van Bord 2 vir 2024 en het 4 bordpryse verwerf vir eerste plekke wat hy behaal het.
  • Jason Melville (o.19 A-Skaakspan) het 3 bordpryse verwerf vir sy eerste plekke op Bord 4 wat hy behaal het.
  • Ruan Kotzé het 2 bordpryse ontvang vir sy eerste plekke op Bord 1 in die o.15 A-Skaakspan, asook 1 bordprys vir ʼn eerste plek op Bord 4 in die o.17 A-Skaakspan.
  • Niel Els (B-Afdeling) het ʼn toekenning ontvang vir ʼn vyfde plek wat hy behaal het.
  • Stefan Snybert (B-Afdeling) het ʼn toekenning vir sy vyfde plek wat hy behaal het ontvang.
Christiaan Kotzé en Johrné Rossouw

Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za/

https://fpark.co.za

Foto’s verskaf

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article