Hoër Jongenskool O.19C krieketspan het teen Paarl Gimnasium se O.19C span gespeel by die Interskole.
HJS teken 316/6 aan na 50 beurte. HJS se beste kolwers was Emile Lubbe met 84 lopies, Jean Johnson met 66 en Armandt Burger 31 lopies. Paarl Gimnasium het 127, almal uit, in 35.4 beurte behaal. HJS se beste bouler was Armandt Burger wat 4 paaltjies vir 12 lopies in sy 8 beurte geneem het.

HJS wen met 189 lopies.
#boishaai
#Interskole2020

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article