Helpmekaar Kollege o.15 Netbalspan: Silwer by SA's
Helpmekaar Kollege se skitterende o.15 netbalspan

Helpmekaar Kollege o.15 Netbalspan: Silwer by SA’s


Helpmekaar Kollege, Johannesburg, kan met reg trots wees op hul o.15-netbalspan. Die span het die afgelope naweek by die SA Motsepe-netbalkampioenskappe ’n merkwaardige prestasie gelewer.

Die span het al hul groepswedstryde oortuigend gewen en met vasberadenheid deurgedring tot die uitspeelrondes. In die kwarteindstryd het hulle Ben Vorster met 23–12 geklop. Daarna het Helpmekaar Oranje met 20–12 in die halfeindstryd verslaan.

Die eindstryd teen Affies was ’n ware naelbytstryd. Ons dogters het alles gegee en tot die laaste sekonde geveg, maar moes uiteindelik met ’n minimale 16–17 nederlaag vrede maak. Tog het hulle as die tweede beste o.15-netbalspan in Suid-Afrika afgesluit – ’n prestasie van groot formaat!

Hierdie silwer medalje bring nie net eer aan die skool nie, maar ook ’n indrukwekkende R200 000 prysgeld wat Helpmekaar Kollege se sportontwikkeling verder sal versterk.

Baie geluk aan elke speler en afrigter – julle toewyding, spanwerk en veggees het die Helpmekaar-vlag hoog laat wapper. Ons is ongelooflik trots op julle!

https://www.helpmekaar.co.za/

Foto verskaf

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article