Hamlet bring Shakespeare tot lewe vir Jan van Riebeeck-leerders
Hoërskool Jan van Riebeeck matrieks woon Hamlet tydens Kunstekaap by

Hamlet bring Shakespeare tot lewe vir Jan van Riebeeck-leerders


Hamlet. Hoërskool Jan van Riebeeck se senior Engels-huistaalleerders het onlangs die unieke geleentheid gehad om hul matriekvoorgeskrewe werk op die verhoog te beleef. William Shakespeare se ikoniese tragedie, Hamlet, is aangebied deur die gesoute teatergeselskap Abrahamse & Meyer. Hulle het die klassieke drama met vars energie en professionele vakmanskap tot lewe gebring.

Die opvoering het as ’n waardevolle hersieningsessie vir die graad 12’s gedien, net voor hul rekordeksamen. Leerders kon nie net hul kennis verdiep nie, maar ook nuwe insigte verkry wat hul begrip van die teks versterk. Vir die graad 11’s was dit ’n ideale inleiding tot Hamlet, wat hulle volgende jaar in detail gaan bestudeer.

Hierdie jaar is die vyfde agtereenvolgende jaar wat leerders die opvoering by die Kunstekaap bywoon. Die skool is verheug om met hierdie tradisie voort te gaan wat ’n liefde vir teater en Shakespeare onder die leerders kweek en versterk.

https://janvanriebeeck.co.za/

Foto verskaf

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article