Grey't Crieket Bash 2025 - Hoërskool Fichardtpark
Grey’t Crieket Bash 2025 – Hoërskool Fichardtpark

Grey’t Cricket Bash 2025 – Hoërskool Fichardtpark


Grey’t Krieket Bash 2025. 🏏 Hoërskool Fichardtpark skitter by Grey’t Cricket Bash 2025!

Die jaarlikse Grey’t Cricket Bash, aangebied deur Grey Kollege op Saterdag, 30 Augustus, het weer eens topklas aksie gelewer — en Hoërskool Fichardtpark se sterre het beslis nie teleurgestel nie.

Vyf van Fichardtpark se talentvolle krieketseuns is gekies om deel te vorm van ’n kragtige gekombineerde span saam met spelers van Hoërskool Sentraal en Hoërskool Jim Fouché. Hierdie span het hul staal gewys, die kompetisie oorheers en uiteindelik die finaal gewen — ’n triomf wat die beker vir die eerste keer in hul hande geplaas het.

🎉 ’n Reuse gelukwensing aan die Fichies-spelers:

  • Diederick de Vos
  • Stian Kruger
  • Jayden Geldenhuys
  • Damian Mulder
  • Jayden Ontong

Julle het nie net jul talent ten toon gestel nie, maar ook, saam met JF 2n Sentraal, Fichardtpark se naam met trots en passie hoog gehou. Ons is ongelooflik trots op julle!

Die wenspan van Fichardtpark, Jim Fouché en Sentraal

Lees meer skolenuus hier: https://schoolsthatrock.co.za/

https://fpark.co.za

Foto’s verskaf

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article